DAG 6 moet oor (OM)GEE gaan
Liewe Mens wat ingegrendel hier lees,
Baie van julle help my elke Kersfees om vir Huis Gracia kersbokse te pak.
Baie van julle weet dat Huis Gracia 80 kinders het wat almal in veilige bewaring is. Die hof plaas hulle daar omdat ouers of versorgers hulle op allerlei wyses gruwelik verniel het.
Hierdie outjies word nou maar net groot in die lewe met die kaarte wat vir hul gedeel is. Die koestering van ñ Ma of ñ Pa of net ñ sjokolade op ñ moeilike dag ken hulle nie.
Trudie, Gracia-se-Ma-van-Tagtig-Kinders stuur vir my vanoggend hierdie wonderlike video van hulle inperkingstyd. Trudie is verseker ñ tipe engel op aarde. Medisynes, vitamienes en om
80 groeiende outjies gevoer te kry BLY ñ uitdaging.
As jy wonder hoe jy lig kan wees in hierdie vreemde tyd; hier is dit nou. Stuur vir hulle R50. R20. R100. Net soos jy kan. Hulle kry by ons regering nie ñ pennie nie.
Glo my vry, èk gaan nie weet jy het iets in hulle bankrekening inbetaal nie, maar JY gaan! En jy gaan lig en jolig voel. Want dis wat gee doen.
Asseblief.
Met baie liefde❤️

Hulle bankbesonderhede:
Huis Gracia
Bank: ABSA
Type: Cheque
Acc Nr: 4081145417
Branch: 509145