Elke liewe dag kom die son op. Of jy hom kan sien of nie, hy is daar. So-ook die maan snags.
Soms is daar ñ storm wat woed, ñ vulkaan, ñ sikloon, sneeu wat val, maar die son is daar.
Vandag het die son ver agter die diep wolke opgekom, sodat die dag grou en irispers en koud gebreek het.
Dit is gegewes soos die son, die maan, roetines, mense, beplanning, wat ons anker en ons veilig laat voel. Sekere gegewes is nie vir almal dieselfde nie.
Jou weet oor jou ma en pa en kinders se posisies teenoor jou trek belangrike paaie op jou mensekaart. Jou weet oor die een wat vir jou lief is anker jou soos wat geen plek met ñ dorps-of stadsnaam jou ooit sal anker nie. Jou weet oor wie is vriend, wie is kennis of selfs die moontlikheid daarvan, aard jou binne-in jouself.
Om dalk sonder hierdie mense deur jou dae te moet gaan kan hierdie tydperk lank en uitdagend maak.
Dit is ñ oorvereenvoudiging om te sê introverte floreer gedurende grendelstatus en ekstroverte trek swaar. Introverte en ekstroverte is mense en alle mense wil behoort; ons wil op ñ manier deur die mense om ons definieer word, omdat mense op ñ manier vir ons vasster koördinate is as plekke. Net soos wat sterre en mane en planete in vasgestelde afstande teenoor mekaar in hul plekke in die heelal in vaste bane roteer en sweef, voel dit soms vir my mense staan in dieselfde vaste plekke teenoor mekaar waar ons voortleef en roteer en sweef in verhouding en afstande tot mekaar; ordelik en onveranderbaar soos sterre.
En net soos die maan, byvoorbeeld, dinge op aarde beïnvloed soos die see se getye en om die aarde wentel, so beïnvloed ons mekaar en wentel sommiges immer naby aan mekaar, om en om en gedy in mekaar se swaartekrag, en is ander weer soos meteoriete wat deur ons atmosfeer bars en skade maak.
Om nie te kan ondersteun nie, geliefdes in hospitale se hand nie in joune te kan toevou nie, by geliefdes te kan kuier nie voel amper soos ñ tipe straf en jy is nie seker waarvoor die straf is nie.
Sodra een mens uit sy wentelbaan verwyder word, neem dit ñ hele ruk vir die agtergeblewenes om weer in ñ tipe orde gerangskik te kom – te weet wie nou die nuwe, naaste koördinate aan jou is.
Dit is juis daarom dat menselewens so belangrik is. Om te ervaar hoe iemand uit sy wentelbaan geruk word, jou swaartekrag en ewewig vir lank daarna nog versteur is en dan ñ nuwe koördinaat van behoort te kry, is ñ lewensveranderende ding.
Ek verstaan daarom nie sommige medici daar vanuit New York en ekonome vanuit eie geledere wat ñ totale oopgooi van die ekonomie bepleit nie.
Een persoon het selfs vandag ñ bedrag van ongeveer 5 miljard Rand geheg as waarde aan elk van die 90 Suid-Afrikaners wat reeds aan die virus gesterf het, omdat dit die bedrag sou verteenwoordig wat die Suid-Afrikaanse ekonomie as verlies afgeskryf het tot op hede.
Onomwonde wil ek vir hom sê hy het nie genoeg geld in die land se staatskas om my ma of my pa of my kinders of man se dood in ñ waarde te kan omsit nie. Hy het nie.
Sou die skole op 6 Mei 2020, ñ week van vandag vir matrieks en graad 7’s oopgaan; 6 dae na fase 4 van inperking innwerking getree het, gaan my kind nie skool toe nie. My mense, my geliefdes is nie beskikbaar vir die regering om eksperimente mee uit te voer nie.
Dalk drie weke in fase 4 in, mits ons sien wat die getalle dan maak, sal ek dit oorweeg om my kind skool toe te stuur.
Is ons lae sterftesyfer, in vergelyking met lande soos Engeland, Spanje en Amerika nie juis ñ aanduiding dat ons streng inperkingregulasies suksesvol is nie?
Is dit nie juis bewys dat ons regering vir eens die korrekte besluit geneem het nie? Was dit perfek? Nee. Is daar regulasies wat kan verslap? Verseker. Maar: ‘hind sight is 20/20 vision’ en dis maklik om op die kantlyn te sit en kritiseer.
Hoeka het Steve Jobs iewers in sy lewe gesê: “You can’t connect the dots looking forward; you can only connect them looking backwards. So you have to trust that the dots will somehow connect in your future.”
Daar was vandag gerugte dat mense in Pretoria begin buit het, karre met klippe bestook en afgeskryf het. ñ Makro is oopgebreek, onder andere.
Honger mense is potensiëel gevaarlike mense. Siek mense is potensiëel dooie mense.
Iewers tussen ñ verslapping en verantwoordelikheid lê die antwoord.
Want gooi jy die ekonomie nou net oop en word potensiëel duisende mense die prooi van die virus, sal daardie einstes wat advokaat staan vir ñ oop ekonomie, die regering blameer vir kortsigtigheid sou ons sterftesyfer begin lyk soos die Noordelike Halfrond s’n.
Ons inperking was ñ sukses. 90 Sterftes is 90 te veel, maar dis nie naastenby 20 000 soos in ander lande nie.
Natuurlik is daar foute gemaak – die ding was so vinnig op ons dat niemand behoorlik tot verhaal kon kom nie.
Michael Jordan het ook sukses aan die hand van mislukking beskryf: “I’ve missed more than 9000 shots in my career. I’ve lost almost 300 games. Twenty-six times I’ve been trusted to take the game-winning shot and missed. I’ve failed over and over and over again in my life. And that is why I succeed.”
Laat ons dan eerder faal in verlore rand, as wat ons faal in verlore lewens. Kom ons herstel liewer ons denkfoute vanaf ñ plek van 90 sterftes en begin die ekonomie stelselmatig op sy voete kry, as wat ons ons denkfoute probeer herstel vanaf ñ plek waar dooie mense nooit weer kan opstaan nie.
Môre sal die son weer opkom. Al kan ons hom nie sien nie.
Die wolke sal weer opbreek en soos helder lammers op ñ blou vlakte wei. Want dit is wat wolke my in hierdie herfs geleer het. Ons het heelwat doele gemis, maar die belangrikstes het getref. Hierdie algehele inperking is suksesvol.
As ons vorentoe kyk, sal ons eendag kan sien hoe die kolletjies met mekaar verbind. Hoe die son helder skyn vir diegene wat geduldig gewag het vir die wolke om op te breek en weg te dryf. Soos Skeba, toe sy vir Salomo baldadig groet en hy net op sy kussing neerplof, sy twee oogtande groot en geel in ñ zip lock sakkie.
(c) sureta von holtzhausen