Omtrent Tweespoor2019-03-13T06:29:58+00:00

Omtrent Tweespoor

Sureta Strydom von Holtzhausen is eerstens die ma van drie, liewe kinders en die vrou van Helgaard, ‘n slim en liefdevolle man.

Gedurende die universiteitssemester het sy die voorreg om die prokureurs van die toekoms toe te lig rondom die geheime van ons regstelsel en haar studente is ‘n bron van groot vreugde en genoegdoening in haar lewe.

Sy het ook soms die voorreg om gesinne in hul egskeidingsproses as mediator by te staan en tussen al die stukkend deur, is daar die berusting dat sy die kinders se beste belang op die hart dra en die ouers se konflik probeer omskep in konstruktiewe kommunikasie.

Tussendeur die kuiers met haar ma en pa, die verlange na haar sussie en díe se gesin in Kanada, Abel in die tuin en Rosina in die huis, die budgies, Pieter en Perjams, en die gesin se geliefde brakke, Skeba en Salomo, probeer sy sedert Desember 2017 tyd kry om al hierdie dinge wat haar dae op Hartbeespoort volmaak, hier op Tweespoor op te teken, soms lewensgetrou, soms met ‘n skoot verbeelding daarby sodat sy self nie mooi die verskil weet nie.

Kontak my

error: Content is protected !!